Bela-Bela vrou sterf ná aanval deur njalabul

Hettie Gerber Foto: Facebook

Hettie Gerber (79) van Bela-Bela is Vrydag dood nadat ‘n njalabul haar been deurboor het.

Gerber is minute nadat die njala met sy een horing ‘n slagaar in haar regterbobeen deurboor het, dood, het Beeld berig. Sy was besig om vir die njala kos te gee.

Gerber het die afgelope vyf jaar op ‘n kleinhoewe in Buyskop, sowat 10km buite Bela-Bela (Warmbad), gewoon. Sy het elke oggend van haar huis na ‘n omheinde kamp geloop waar sy hase, hoenders en voëls kos gegee het.

Gerber se skoondogter, Christa Graham, het aan die koerant gesê die njalabul was nie mak nie en het in die koppie naby die huis gewoon. Hy het soms na die omheinde kamp gekom waar Gerber hom ook sou voer. Werknemers het sowat 07:30 op Gerber afgekom. Paramedici is ontbied, maar sy is dood voordat hulle opgedaag het.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.