Belastingbetaler dok op vir Gauteng-regsskikkings

Regsskikkings het die Gautengse regering verlede jaar R612 miljoen uit die sak gejaag, het die DA Maandag gesê.

“Dit is ʼn aanduiding van swak staatsbestuur en dit kom die belastingbetaler duur te staan,” het die DA-koukusleier in Gauteng, Jack Bloom, gesê. Hy sê volgens inligting wat deur die premier se kantoor verskaf is, is daar verlede jaar 450 regseise teen Gautengse departemente ingedien. Bloom sê die provinsiale regering het 48 van die sake verloor, 39 gewen en 71 geskik. Nagenoeg 300 sake moet steeds aangehoor word. Die Gautengse departement van finansies het R279 miljoen betaal vir die beëindiging van die Sibize-dienssentrum wat besprekings hanteer het vir bestuurslisensies. Die Gautengse departement van paaie en vervoer het R183 miljoen uitbetaal terwyl die provinsiale departement van infrastruktuur ontwikkeling R120 miljoen uitbetaal het. Die Gautengse departement van gesondheid het 10 sake van mediese nalatigheid in die hof verloor en moes R16,9 miljoen uitbetaal. Die premier se kantoor was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.