Belastingbetalers gewaarsku oor slenter

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het belastingbetalers gewaarsku om versigtig te wees rakende ʼn nuwe slenter waar die SAID se logo gebruik word om mense te bedrieg.

“Lede van die publiek ontvang ʼn e-pos wat lyk asof dit van die SAID gestuur is, maar dit is in werklikheid bedrieglike e-posse wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers te kry om hul persoonlike inligting, soos hul bankrekeningbesonderhede, bekend te maak,” het Marika Muller, woordvoerder van die SAID, Maandag gesê. Muller sê die e-posse word van [email protected] of [email protected] gestuur en dui aan dat belastingbetalers geregtig is op die terugbetaling van belasting. Die onderwerp van sommige van die e-posse is “Jou betaling van die SAID”. Muller sê talle mense het die SAID gekontak om uit te vind of die e-posse waar was of nie. Sy sê die e-posse bevat vals vorms en skakels na webtuistes waar mense gevra word om hul persoonlike inligting in te vul. Muller het ʼn beroep gedoen op belastingbetalers om nie e-posse van onbekende bronne oop te maak nie. “Die SAID sal nie jou bankbesonderhede oor die foon of via e-posse of webtuistes versoek nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marlene ·

En na al hierdie waarskuwings kry jy nog “gullible” – naïef mense wat deur die slenters gevang word!
Ek wonder wanneer sal hulle leer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.