Belastingbetalers moet R7.5 miljoen opdok vir premier se huis

Nomvula Mokonyane

Belastingbetalers gaan oor die volgende drie jaar nagenoeg R7.5 miljoen moet opdok om die huis van die Gautengse premier, Nomvula Mokonyane, in stand te hou.

Thebe Mohatle, die premier se woordvoerder, het aan Beeld gesê dat die Gautengse regering al sowat R25 miljoen, die koopprys ingesluit, op die spoghuis in Bryanston, Johannesburg spandeer het vandat dit in 2004 gekoop is.

Sowat R1.2 miljoen is spandeer om nuwe meubels, linne en gordyne vir die huis aan te skaf. Mohatle sê daar is reeds vir R7.5 miljoen se instandhoudingswerk begroot. Op ʼn vraag of dié bedrag wat deur belastingbetalers betaal word billik is, het Mohatle gesê dit is ʼn private aangeleentheid.

Beeld het onlangs berig dat Mokonyane oor die afgelope twee jaar haar amptelike kredietkaart gebruik het om in luukse hotelle te bly, duur geskenke te koop en by spog restaurante te eet. In een geval het sy R16 000 betaal vir ‘n ete-afspraak. Sy verdien tans sowat R1,88 miljoen ʼn jaar.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.