Belastingebetaler dok glo R203 miljoen op vir Zuma-huis

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Verbeterings aan president Jacob Zuma se huis in Nkandla, KwaZulu-Natal gaan die belastingbetaler glo R203 miljoen kos, al het die regering glo vroeër gesê Zuma sou die projek self betaal.

Rapport berig dat Zuma glo minder as 5% van die kostes gaan opdok. Die bouwerk aan Zuma se Zoeloeland-tuiste het aan die begin van 2010 afgeskop en is in November 2011 voltooi. Die opknappings sluit glo onder meer ʼn helikopter-landingsplek, ondergrondse behuising en omheining van die hele kompleks in. Rapport onthul dat die departement van openbare werke ʼn bedrag van R203 079 677,18 vir die projek goedgekeur het en dat Zuma slegs R10,6 miljoen, of sowat 5%, hiervan betaal. Die projek sluit onder meer drie stelle ondergrondse woonkwartiere met tien lugversorgde kamers in, ʼn kliniek vir Zuma en sy gesin en drie niervormige huise om Zuma se vroue te huisves. Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, het verlede jaar gesê dat die departement van openbare werke vir die veiligheidsverwante geriewe sou betaal en dat Zuma die ander aanbouings self sou betaal.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.