Beleggers sku om in SA mynbou te belê

Suid-Afrika se aantreklikheid as beleggingsbestemming vir mynbou het skerp gedaal sedert 2006.

Volgens ʼn opname van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIR) was Suid-Afrika in 2006 in die 37ste plek uit 64 lande en gebiede. In 2010 was Suid-Afrika 67ste uit 79 lande en gebiede. Die data is verkry van die Frase Instituut. Volgens die SAIR is Suid-Afrika se lae rank as gevolg van vermeende beleidsonsekerheid in die oë van potensiële beleggers. Faktore soos onsekerheid oor administrasie, interpretasie en handhawing van bestaande regulasies is van die hoof afskrikmiddels vir beleggers. Daar is ook kommer oor arbeidswetgewing, aanstellings ooreenkomste, werksontwrigting, die betroubaarheid van die regstelsel en onsekerheid oor grondeise. Die mynbedryf in Suid-Afrika dra 9,6% by tot BBP en verskaf werk aan ongeveer 3,1% van die land se arbeidsmag. ʼn Senior navorser by die SAIR, Jonathan Snyman, sê onsekerheid oor nasionalisering en myneienaarskap speel ʼn rol in beleggers se bereidwilligheid om betrokke te raak by mynbou in Suid-Afrika. “Beleggers is op soek na stabiliteit in die regulerende- en beleidsomgewing, maar die botsende gevoelens rakende die debat oor nasionalisering help nie om hulle vrese te besweer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.