Belfast-vrieskasmoord: Derde verdagte aangekeer

Rudolf en Elna van Heerden

ʼn Derde verdagte het in die hof verskyn in verband met die moord van ʼn bejaarde egpaar van Belfast, wie se liggame Januarie in ʼn vrieskas gevind is.

Volgens kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, het Sibusiso Charles Sibanyoni (27) Maandag in die Belfast-landdroshof in Mpumalanga verskyn, berig Beeld.

Rudolf en Elma van Heerden, albei 79, is in Januarie in hul huis oorval en met ʼn stomp voorwerp geslaan en verwurg, waarna hulle liggame in ʼn vrieskas geplaas is. Bongani Joseph Nconyane (22) en Irvin Brown Nkosi (19) is kort daarna in hegtenis geneem.
Sibanyoni is Saterdag in Witbank in hegtenis geneem. Hy word ook daarvan aangekla dat hy en Nkosi ʼn inwoner van Carolina se bakkie, twee dae ná die moorde, gesteel het.

Al drie verdagtes verskyn weer eersdaags in die rondgaande hof in Middelburg. -Sapa

Lees ook:
Belfast-vrieskasmoord: Saak uitgestel
Bejaardes in vrieskas: Nog een vas
Bejaardes in vrieskas: Polisie maak deurbraak
Bejaardes in vrieskas: Valke tree in
Bejaarde egpaar in vrieskas gekry

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.