Beligting gaan moontlik misdaad op Seinheuwel bekamp

Die Stad Kaapstad beraam planne om Seinheuwel in Kaapstad in die aande te verlig sonder om skepe op die see te beïnvloed.

“Talle pogings word oorweeg om misdaad in die gebied te verminder,” het raadslid Dave Bryant aan die Cape Times gesê. “Ons skryf die vlaag misdaad toe aan plakkers wat die ou Tamboerskloof-militêre basis beset asook misdadigers wat in Strandstraat doenig is.”

“Die doeltreffendheid van kringtelevisiekameras by Seinheuwel se parkeerarea hang van goeie beligting af. Die hawebestuurders het egter kommer uitgespreek dat beter beligting ʼn impak op skepe op see kan hê,” het hy bygevoeg.
ʼn Vergadering sal binnekort belê word om inligting oor beter beligting en opknappingswerk aan die kameras te bespreek. Daar word ook oorweeg om toegangsbeheer na Seinheuwel toe te pas.

Maroela Media het onlangs berig ʼn uitruilstudent van Noorweë is op Seinheuwel deur twee gewapende mans beroof en verkrag. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.