Beloftes van behuising vir inwoners

'n Betoger in Sebokeng. Boiketlong is 'n groot informele nedersetting buite Sebokeng Foto: SAPA Stringer

‘n Betoger in Sebokeng. Boiketlong is ‘n groot informele nedersetting buite Sebokeng Foto: SAPA Stringer

Simon Mofokeng, burgemeester van Midvaal, het Vrydag behuising aan inwoners van Boiketlong in Sebokeng belowe.

“Die huise sal gebou word sodra die ontwikkelaars en die Gautengse departement van behuising ʼn ooreenkoms onderteken het,” het Mofokeng aan die inwoners gesê. “Die departement en ander betrokke partye het ingestem om huise te bou en water te verskaf.”

Thokozani Nkuna, ʼn inwoner van Boiketlong, het egter gesê Mofokeng moes hulle nie alleen toegespreek het nie. “Ons burgemeester, Greta Hlongwane, en die Gauteng-premier Nomvula Mokonyane, moes ook daar gewees het,” het Nkuna gesê. Die skare het gejuig en gejil toe Nkuna gepraat het.

Die inwoners het vroeër ʼn menslike ketting gevorm in ʼn poging om die polisie te verhoed om die informele nedersetting te betree. Meer as 50 polisiebeamptes in ʼn gepantserde Njala-voertuig wou die gebied betree. Een polisiebeampte, wat anoniem wou bly, het gesê hulle wou Mofokeng begelei om die inwoners toe te spreek.

Inwoners het Woensdag die strate ingevaar en behoorlike behuising geëis. Een persoon is tydens die betogings doodgeskiet. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

meisie ·

Wat het geword van “` jy werk, verdien jou geld op `n eerlike manier en kry jou eie blyplek????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.