Beloning aangebied ná senior beampte se dood

Maj.genl. Tirhani Maswanganyi

Mzwandile Petros, die Gautengse polisiekommissaris, het Woensdag ʼn R100 000-belonging aangebied vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaars van ʼn senior polisiebeampte.

Maj.genl. Tirhani Maswanganyi se liggaam is Dinsdagoggend om 03:00 in ʼn veld langs die R101-pad in Hammanskraal noord van Pretoria gevind. Sy hande en voete was met ʼn draad vasgebind. Hy het geen skietwonde gehad nie. Sy amptelike voertuig is Maandag verlate langs die pad gevind. Sy uniform en identifikasiekaart was in die voertuig.

Petros het Woensdag die media tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg oor die saak toegespreek.

Volgens Petros wil die polisie nie spekuleer of Maswanganyi, wat ʼn groepsbevelvoerder in Johannesburg was, se moord verband hou met ʼn moordsaak wat tans ondersoek word nie.

Maswanganyi is gedagvaar om vandeesweek in die hof te getuig in verband met ʼn moordsaak, maar Petros sê Maswanganyi was nie die sleutelgetuie nie. “As ʼn groepsbevelvoerder wat Maswanganyi by verskeie moordsake betrokke,” het hy gesê.

Die polisie wag nog vir die uitslag van ʼn nadoodse ondersoek om die oorsaak van Maswanganyi se dood te bepaal.

Petros het gesê die polisie volg talle leidrade op en versoek lede van die publiek met meer inligting oor Maswanganyi se dood om met hulle in verbinding te tree.

Lees ook:
Polisieman se dood ‘n ‘sinnelose slag’
Vermoorde polisiebeampte se naam bekend gemaak
Senior polisieman dood aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.