Beloning aangebied ná transitorooftog in Kaapstad

Een van SBV se voertuie

Een van SBV se voertuie

SBV het ʼn beloning van R100 000 aangebied nadat sy transitospan in Athlone in Kaapstad van ʼn onbekende bedrag kontant beroof is.

“Die rooftog het verlede Dinsdag omstreeks 08:30 in Belgravia Estate in Athlone plaasgevind,” het Grant Dunnington, hoof uitvoerende beampte van SBV, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “ʼn SBV-kitsbankspan is deur vier gewapende mans oorval toe hulle kontant by ʼn banktak opgelaai het.”

Dunnington sê twee SBV-werknemers is ernstig beseer terwyl hulle hulself probeer verdedig het. Die verdagtes het in ʼn wit BMW van die toneel gevlug.

Hy sê SBV se risikospan werk nou saam met die polisie om die verdagtes vas te trek.

SBV bied die beloning van R100 000 aan enigiemand wat meer inligting het wat tot die inhegtenisneming van die vier mans kan lei. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.