Beloning aangebied vir inligting oor Kaapse polisiemanne se dood

‘n Beloning van R50 000 word aangebied vir inligting wat tot die inhegtenisneming en vervolging van die moordenaars van Wes-Kaapse polisiebeamptes kan lei, het die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid Sondag gesê.

“Geen bedrag geld kan ‘n lewe terugkoop nie, en geen bedrag geld sal vertroosting aan die familie, vriende of kollegas bring nie,” het Dan Plato, LUR vir die departement, gesê. “Dit is my hoop indien ons ‘n beloning aanbied, dat iemand, iewers, na vore sal kom en die polisie sal help om die lafhartige kriminele vas te trek wat vir dié vreeslike dade verantwoordelik is.”

Plato sê die beloning sal op die polisie se diskresie aangebied word. Die Wes-Kaapse polisie ondersteun die departement se inisiatief.

Drie polisiebeamptes is sedert verlede Sondag in Kaapstad dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.