Beloning uitgeloof vir vermiste vlieënier

Argieffoto

Die familie van Cliff Pike het ʼn beloning uitgeloof aan enigiemand wat hul kan bystaan in die soektog na hom nadat sy vliegtuig Woensdag onderweg van Port Alfred na Port Elizabeth vermis geraak het.

AlgoaFM berig dat die familie ʼn beloning van R50 000 uitgeloof het. Die familie het ook ʼn beroep gedoen op vrywilligers om hul by te staan met die soektog. Pike se enkelsitplek-vliegtuig was een van drie ligte vliegtuie wat Woensdag na Port Elizabeth gevlieg het. Pike se vliegtuig het egter nooit in Port Elizabeth aangekom nie. Die drie vlieëniers het glo verskillende roetes gevlieg nadat daar digte mis opgesteek het. Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, sê ʼn reuse soektog is intussen na die vermiste vliegtuig van stapel gestuur. Govender sê hulle het talle oproepe ontvang van lede van die publiek oor moontlike waarnemings van die vliegtuig. “Ons het dit ondersoek maar daar was geen positiewe resultate sover nie.” Pike moes glo die naweek aan die Mosselbaai-lugskou deelneem.

Lees meer hier.

Bron: AlgoaFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.