Bemanningslede vermis na skeepsbotsing

Sowat tien bemanningslede van ‘n vergane vragskip word vermis nadat twee vragskepe Maandagoggend in mooi weer aan die Griekse kus gebots het.

Die Piri Reis wat onder die vlag van die Cookeilande vaar, het ‘n vrag kunsmis vervoer toe dit teen die leë ConSouth gebots het. Die ConSouth het min skade opgedoen en sy sestien bemanningslede is veilig. Sewe bemanningslede van die Piri Reis is in ‘n omvattende reddingsoperasie gered. Die voorval het sowat 75 kilometer van die Griekse eiland, Sapienza, af plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.