Bende steel glo hawelose bedelaar se goud

Argieffoto van 1 kg goud

Argieffoto van 1 kg goud

Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met die diefstal van nagenoeg 1 kg goud van ʼn 86-jarige hawelose bedelaar, het die polisie in Viëtnam Vrydag gesê.

“Die vyf verdagtes is Donderdag aangekla van diefstal,” het Thai Thi My Trang, woordvoerder vir die polisie in Dong Thap, gesê.

Die voorval het op 21 Desember plaasgevind toe die bende op die bedelaar afgekom het waar hy by ʼn mark in Tram Chim geslaap het. Die vyf mans het glo die bedelaar deursoek en op 945 gram goud ter waarde van ongeveer R446 000 en ongeveer R15 000 in kontant afgekom.

Die verdagtes is die volgende dag in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op ongeveer 170 gram goud en R15 000 kontant.

Volgens die polisie het die bedelaar sy huis ʼn paar jaar gelede ná ʼn familietwis verlaat. Hy bedel op verskeie plekke in die provinsie en gebruik die geld om goud te koop. “Hy kon duidelik onthou waar en wanneer hy die goud gekoop het, so sy verklaring blyk korrek te wees,” het ʼn polisiebeampte gesê, wat anoniem wou bly omdat die ondersoek voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.