Bende terroriseer kerkgangers in veld

aanbiddersʼn Bende terroriseer kerkgangers wat kerkdienste in die veld buite Soweto bywoon, het die polisie Maandag gesê.

“Ons het tot dusver reeds drie klagtes van aanvalle op kerkgangers hanteer,” het adjudant-offisier Kay Makhubele gesê. Soortgelyke gevalle is ook in Orlando, Meadowlands en Dobsonville gerapporteer.

Die aanvalle het al drie in die afgelope twee weke plaasgevind, met die mees onlangse voorval Sondag. Niemand is gedurende die voorvalle beseer nie.

Die polisie doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap wat oor inligting oor dié bende beskik om dit aan die polisie bekend te maak.

“Ons het tot dusver nog niemand in hegtenis geneem nie, maar ons volg inligting op wat moontlik tot arrestasies kan lei,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Solank die spulletjie mekaar terroriseer en die Blankes uitlos.

Die gemeenskap sal darem seker self die “regsien” takie uitvoer indien hulle opgespoor kan word. Dis hulle styl.

Gert Malan ·

Hier is dit nie ‘n geval van Blank en swart nie, maar maar eerder waar mense wat God respekteer aangeval word. Dis om van naar te word. Ek is bly ek hoef nie in hulle skoene te staan as hulle eendag voor die Groot Stoel moet gaan staan en “please explain” nie.

akram ·

Jungle justice.Ek stem saam met dit. Los dat hulle mekaar uitsort en skoonmaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.