Thandanani Tharib Msomi (26), ’n bendeverkragter en rower, is gister lewenslank tronk toe gestuur in die hooggeregshof in Pietersburg.
Msomi het ’n vonnis van lewenslange tronkstraf ontvang vir die bendeverkragting van ’n drie-en-dertigjarige vrou in die Emalangeni-reservaat buite Durban in 2011. Daarbenewens het hy nóg 15 jaar tronkstraf vir huisroof ontvang.
“Barbaarse aanvalle op vroue deur misdadigers soos Thandanani sal nie geduld word nie en ons verwelkom daarom die feit dat hy die maksimumvonnis ontvang het,” het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Mmamonnye Ngobeni gesê.
Twee van sy medebeskuldigdes se verhore sal op 23 Oktober voortgesit word.
Daar in die tronk sit hy sy kaskenades voort en mannipuleer steeds sy volgeling daar buite.
Hulle doen hierdie dinge om n hoër rang in die tronk te verwerf en wie betaal daarvoor ????