Bendeverkragting: Man sterk aan

Die man van Rustenburg wat Donderdag glo deur ses mans in ʼn bos langs die pad na Mooinooi bedwelm en verkrag is, sterk by sy huis aan.

Die slagoffer se stiefbroer, wie se naam weerhou word om die slagoffer se identiteit te beskerm, het Maandag aan Maroela Media gesê dit gaan beter met sy broer. “Hy het nog baie pyn en hy is baie skaam oor wat gebeur het. Ons het gister vir hom gaan kuier en hom moed ingepraat,” het hy gesê.

Volgens sy broer is hy vir ʼn ruk lank afgeboek om aan te sterk en rus hy baie.

Kapt. Amanda Funani, ʼn woordvoerder van die Noordwes-polisie, het Maandag gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Die ondersoek duur voort. Die polisie versoek enigiemand met meer inligting om na vore te kom. Enigiemand wat dalk die voorval aanskou het of wat die voertuig kan identifiseer, moet die Mooinooi-polisiestasie skakel by 014 574 3222,” het Funani gesê.

Maroela Media het Saterdag berig die slagoffer is bedwelm en verkrag nadat die groep mans hom wou beroof, maar hy nie geld gehad het nie. Hulle het ʼn sak oor sy kop getrek en hom glo om die beurt verkrag.

Lees ook:
Ses soek ná man verkrag is
Man wél deur groep mans verkrag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.