Bendeverkragting-verdagte hoor dalk môre oor borg

Anene Booysen (17)

Die borgtogverhoor van Jonathan Davids, een van die verdagtes wat verdink word van die wrede verkragting en moord op Anene Booysen (17), is Dinsdag in die Bredasdorp-landdroshof tot Woensdag uitgestel.

Davids (22) en Johannes Kana (21) word daarvan verdink dat hulle Booysens op 2 Februarie om die beurt verkrag en haar liggaam erg geskend het. Sy is later die dag in die hospitaal dood.

Davids het onskuldig gepleit. Kana het nog nie gepleit nie en sal na verwagting later vir borgtog aansoek doen.

Edward Abels, die ondersoekbeampte in die saak, het tydens Davids se verhoor ‘n memorandum van die gemeenskap uitgelees waarin die hof gevra is om nie borgtog aan hom toe te staan nie. Hy het ook aangevoer dat daar ander aanklagte van aanranding teen Davids hangende is en dat sy veiligheid nie gewaarborg kan word as hy op borgtog vrygelaat sou word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.