Benoemings vir 2013 “SA-Oscars” bekend gemaak

Die benoemings vir die derde jaarlikse kykNET Fiëstas, die gesogste toekennings in die wêreld van Afrikaanse teater, is bekend gemaak.

Met die Fiëstas word hulde gebring aan die beste kunstenaars en produksies wat hul debuut in 2012 op Afrikaanse kunstefeeste landwyd gemaak het. Die wenners word op 21 Maart by ’n glansryke geleentheid in Pretoria bekend gemaak. Dié gala-aand word vanjaar die eerste keer in die Staatsteater gehou en die teater-grote Ian von Memerty is aan die stuur van sake.

Die benoemings is in 15 kategorieë bekend gemaak en dit sluit onder andere dié in vir beste nuwe Afrikaanse stuk, beste prestasie in ’n musiekproduksie, beste akteur en beste aktrise. Kunstenaars wat met meer as een benoeming spog is onder andere Amanda Strydom (Voor ek vergeet en Wierook en mirre), Marli van der Bijl vir Putsonderwater, Sandra Prinsloo vir Oskar en die pienk tannie en Wessel Pretorius (Ont, N is vir neurose en Vagina Dentata).

Die publiek het oudergewoonte ook ’n sê in die Fiëstas se oorhandiging en kan vir die toekennings vir die gewildste kunstefees en gewildste Fiesta-aanbieder stem. Die feeste wat benoem is, is Innibos (A1), die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (A2), die Renoster Horingfees (A3) en die Vryfees (A4). Vir laasgenoemde is die benoemdes André van der Merwe (B1), Jennifer Zamudio (B2), Monique (B3) en Niël Rademan (B4).

Die publiek kan in dié kategorieë begin stem deur die kode langs die fees of aanbieder se naam na 33690 te SMS. ‘n SMS kos R1.50.

Die benoemings (in geen bepaalde volgorde nie) vir die 2013 kykNET Fiëstas is:

Beste Akteur

  1. Albert Pretorius                Nagwond
  2. Terence Bridgett              Master Harold en die Boys
  3. Tobie Cronjé                      My man se vrou se man
  4. Wessel Pretorius              Ont

Beste Aktrise

  1. Alida Theron                       Op Dees Aarde
  2. Marli van der Bijl               Putsonderwater
  3. Amanda Strydom             Voor ek vergeet
  4. Sandra Prinsloo                 Oskar en die pienk tannie

Beste Manlike Byspeler

  1. Wessel Pretorius              N is vir Neurose
  2. De Klerk Oelofse              Ubu en die Secrecy Bill
  3. Johann Nel                          Putsonderwater
  4. Stian Bam                            Babbel/Bos/Vrou vantevore

Beste Vroulike Byspeler

  1. Anna-Mart van der Merwe          Doodsnikke
  2. Hannah Borthwick                           N is vir Neurose
  3. Karli Heine                                           Op Dees Aarde
  4. Wilna Snyman                                    Op Dees Aarde

Beste Regisseur

  1. Wessel Pretorius              Ont
  2. Pieter Venter                     Putsonderwater
  3. Lara Bey                               Oskar en die pienk tannie
  4. Marthinus Basson            Op Dees Aarde

Teaterontwerp

  1. Marthinus Basson            Bos  (stelontwerp)
  2. Marthinus Basson            Op Dees Aarde (stelontwerp)
  3. Johan Ferreira                   GPS vir die lewe (beligting)
  4. Patrick Curtis                      Doodsnikke (stelontwerp)

Beste Prestasie in ‘n Musiekgedrewe Produksie

  1. Emo Adams                                        ‘n Plekkie in die son
  2. Amanda Strydom                             Wierook en mirre
  3. Vagina Dentata                                 Vagina Dentada
  4. Janine Neethling                              Wierook en Mirre

Beste Musiekproduksie

  1. Christiaan Olwagen         Vagina Dentata
  2. Basil Apolis                         ‘n Plekkie in die Son
  3. Koos Kombuis                   GPS vir die lewe
  4. Amanda Strydom             Wierook en mirre

Beste Solo-vertoning

  1. Marion Holm                     Holmakiesie
  2. Wessel Pretorius              Ont
  3. Sandra Prinsloo               Oskar en die pienk tannie

Beste Nuwe Afrikaanse Opvoering

  1. Wessel Pretorius               Ont
  2. Christiaan Olwagen          N is vir Neurose
  3. Marlene le Roux               ‘n Plekkie in die Son
  4. Basil Apolis                         ‘n Plekkie in die Son
  5. Schalk Schoombie            Liefde, Anna
  6. Louis van Niekerk            Liefde, Anna

Beste Prestasie in Klassieke Musiek

  1. Winand Grundling                           14 Stasies van die Kruis
  2. Consort                                                Venetian Tonic
  3. Trio met ‘n Twist                               Trio met ‘n Twist
  4. Kelebogile Boykanyo                      Vocal Recital

Beste Prestasie in Dansteater of Fisieke Teater

  1. Xolani Ntombela                               African Rhythms
  2. Keepsake Minus 3                           Keepsake Minus 3
  3. Mamela Nyamza                              Okuya Phantsi Kwempumlo / The Meal

Beste Prestasie in Visuele Kuns

  1. Diek Grobler                                       Fopspeen Moving Pictures
  2. Katie Barnard du Toit                     Vrees en Verlies
  3. Paul Emsley                                        Feeskunstenaar: Woordfees

Beste Aanbieding

  1. Nicola Hanekom               Babbel
  2. Hugo Theart                       Op Dees Aarde
  3. Wessel Pretorius              Ont
  4. Marthinus Basson            Op Dees Aarde
  5. Lara Bye                               Oskar en die pienk tannie

Beste Opkomende Kunstenaar

  1. Marli van der Bijl              Putsonderwater
  2. Christiaan Olwagen          N is vir Neurose
  3. Winand Grundling            14 Stasies van die Kruis
  4. Wessel Pretorius               Ont

Kaartjies om hierdie jaar se kykNET Fiëstas by te woon is by Computicket beskikbaar. Volg kykNET op Facebook vir meer inligting. Vanjaar se borge is: KykNET, Clover, Die Dagbreek Trust en Toyota.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.