Benoni-moorde: Saak uitgestel

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Die saak teen Retief Liebenberg (47), wat daarvan verdink word dat hy sy dogter se kêrel en die se pa doodgeskiet het, is Donderdag in die Benoni-landdroshof uitgestel vir verdere ondersoek.

Staatsaanklaer Thabiso Mosikili het gesê Liebenberg se prokureur, Marius Wyngaard, het die nadoodseondersoek-verslag versoek en voer aan die ballistiese toetse moet nog voltooi word.

“Ons het ingestem om die saak uit te stel totdat die uitslag van die nadoodse ondersoek beskikbaar is. Dit sal na verwagting voor 11 Februarie beskikbaar wees,” het Mosikili gesê. “Ek wag ook vir die direkteur van Openbare Vervolging om te hoor watter staatsaanklaer die saak gaan verteenwoordig.”

Wyngaard het gesê hulle het hul eie ballistiese kenner aangestel en benodig nou die uitslag van die nadoodse ondersoek om sy verslag te voltooi.

Landdros Ian Cox het die saak tot 6 Maart uitgestel.

Liebenberg het Poena Visser (19) en sy pa, Dewalt (46), glo op 31 Oktober in sy huis in die Ebotse-gholflandgoed in Benoni doodgeskiet. Liebenberg het glo nie die verhouding tussen sy dogter, Chevonne (20), en Poena goedgekeur nie, aangesien hy vermoed het dat Poena dwelms gebruik. Hy is in November op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Tydens ʼn vorige verskyning op 11 Desember is Liebenberg se borgvoorwaardes aangepas en is daar gelas dat hy nie meer drie keer per week by ʼn polisiestasie hoef aan te meld nie. – SAPA

Lees ook:
Pa weer in hof oor skietdood van kêrel en die se pa
Liebenberg hoor oor borgtog
Liebenberg se borgtogverhoor hervat
Liebenberg se lewe kan glo in gevaar wees
Pa in hof oor skietdood van kêrel en die se pa
Man skiet dogter se kêrel en sy pa dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Sterkte aan Retief Liebenberg jy het net jou dogter se belange beskerm!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.