Benoni-tiener word vermis

Bianca Roos van Benoni word vermis.

Bianca Roos van Benoni word vermis.

Bianca Roos, ʼn 16-jarige meisie van Benoni, word sedert Maandagaand vermis nadat sy omstreeks 19:00 haar ouerhuis verlaat het.

Klere word uit Bianca, wie se bynaam “B” is, se kamer vermis.

Volgens die People Search and Rescue Unit (PSARU), ʼn maatskappy wat hom beywer om vermiste persone op te spoor, word ʼn pienk halternekbloes, ʼn swart- en wit gestreepte minirok, swart tekkies en ʼn swart satyn ‘Bad Girl’-baadjie vermis. ʼn Donkerblou tas met wiele, ʼn roomkleurige honde-teddiebeertjie en ʼn Black Berry Curve 8520 word ook vermis.

Roos se familie het ʼn vermistepersoon-saak by die Benoni-polisiestasie aanhangig gemaak.

Enigiemand met inligting oor waar sy haar mag bevind word versoek om PSARU by 0860 287 223 of Sarel Steyn by 082 571 2090 te skakel.

Lees die opvolg berig hier: Vermiste Benoni-tiener opgespoor

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

hoop ha ouers gebruik hulle koppe en trek gatvelle af as sy by die huis kom. jongmense is selfsugtig en dink nie aan die hel waardeur hulle hulle ouers sit as hulle wegloop nie. kom hulle terug verwag hulle dat die ouers maar net te bly mut wees om als te vergeet en vergewe. tyd dat ouers weer bietjie die leisels begin optel en disipline begin toepas. julle is die ouers en hulle die kids, hulle is veronderstel om vir jjulle te luister en ni andersom ni. wat is die ding deesdae, is die ouers bang vir hulle kids of wat. as kids die se wil he mut hulle gaan werk en vir hulle ouers sorg soos wat hulle verwag om voor gesorg te word as hulle onder die ouers se dakke bly.

Anon ·

Ek stem Helena, die ouers moet dit nie net daar los nie. Sy is seker saam met n kerel weg. Ek kry die arme ouers jammer. Vandag het ons gehoorsame ouers en streng kinders. Ons hoop net sy is veilig.

AmY ·

Ja, gee haar ‘n goeie oudtydse loesing. Want wat as die man saam met wie sy weg is besluit om haar te verkrag of te vermoor? Wat is dit met vandag se tieners? Ek het my probleme in die oë gekyk en aangegaan.

Nie eens my ouers se egskeiding en ‘n heks vir ‘n stiefma kon my dryf om weg te loop nie.

En my eie ma was baie streng en het niks nonsens verdra nie.Sy het sommer gou die pastoor na ons huis gekry en dan is daar ernstig gesels en ons was weer ‘op sie regte pad.’

hyla ·

Ek is bly ek is te oud vir kinders> Toe myne tieners was het ek nog die leisels vasgehou, en het hulle geweet waar die streep was waaroor hulle nie mag getrap het nie. Tieners deesdae is te vroeg ryp, daaroor dat hulle so gou vrot ook.

ms evil ·

Ek wil net se baie dankie aan die mense wat na my gesoek het, my gekry het, saam my by die dam gewag het en my ouers veral. Om na my te soek en te vind in die duister en my te kan beskerm en nog als wat ek doen en hul deur sit nog in my te kan glo en lief bly vir my. Ek was dom om te doen wat ek het. Ek wil ook jammer se aan almal.Niemand sal my stoorie glo nie maar ek weet wat gebeer het. Baie dankie aan die hele werld. Dankie aan die aakligste bootskappe or die internet maar almal maak foutte en almal leef daar me. Daar is nie 1 persoon op aarde wat vermy kan se maar ek is perfek nie. Almal het hul foutte almal maak hul eie bed en as jy dink jy is perfek hoop ek net jy vat 5mins van jou tyd om stil te sit en te dink aan die verlede. Rerig waar baie dankie aan almal reg oor die werld dat jul sulke goeie mensies is om na n kind te soek en haar nog vuilig te kan kry by haar ouers en famielie. Jul is mense met harte van goud. lots of love Bianca Roos.

corrie duvenhage ·

Dit is amazing,swaar vir ma en pa gewees dat jy weg was maar amazing dat niks ernstigs gebeur het nie,ja al die wat nou wil pak uitdeel nee nie die opllossing nie,dat jy nog in suid afrika is, so fantasties, daar gebeur so baie dinge om ons en ons weet nie eers die helfde nie wees versigtig meisiemens vra maar en ma en pa sal help ek glo so al voel jy dalk nie kosbaar nie,jy is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.