Berei voor vir veldbrande, hoor Vrystaat-boere

Met die eerste groot veldbrand dié seisoen in die Vrystaat is sowat 2 000 hektaar weiding in die Vrede-distrik verwoes, en die LUR vir Landbou, Mosebenzi Zwane, het boere aangeraai om voorbrande te maak.

Daar moet ook toegesien word dat brandbestrydingstoerusting in goeie werkende toestand is.

Thinus Steenkamp, streekverteenwoordiger van Vrystaat landbou, sê sowat 70 persent van die veldbrande ontstaan by werkerskwartiere, en daar behoort behoorlike brandbane om hierdie kwartiere aangebring te word.

Vanjaar is reeds een volwassene en twee kinders in Vrystaatse veldbrande dood. Wens die droë somer het die brandseisoen in die Vrystaat ook vroeg begin.

Verlede jaar het in een groot veldbrand alleen 100 000 hektaar in die distrikte Reddersburg, Edenburg en Trompsburg verwoes, en het dit selfs oor die N ! gespring. Motoriste was ure lank vasgekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.