Bergh het selfmoordbrief agter gelaat

Zirk Bergh

Zirk Bergh

Die sanger Zirk Bergh wat twee mense Saterdag in Potchefstroom doodgeskiet en sy vrou beseer het voordat hy homself geskiet het, het glo ʼn selfmoordbrief agter gelaat.

Bergh het Deon Kondos (23) en dr. Charl du Randt (34) doodgeskiet. Du Randt was Bergh se eksvrou, Nicolette (26), se huidige man. Nicolette is ook geskiet en sy is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

“Bergh het ʼn afspraak gehad om sy agtjarige dogtertjie Saterdagoggend by Kondos se kantoor te ontmoet,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie gesê.

Toe Nicolette, Du Randt en die dogtertjie omstreeks 08:00 opdaag, het Bergh ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en sy dogtertjie aangesê om by die kantoor van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) in te hardloop. Klik hier om meer te lees.

Bergh het glo in die selfmoordbrief aangevoer sy eksvrou het hom nie toegelaat om sy dogtertjie gereeld te sien nie.

Thandi Modise, premier van Noordwes, het die moorde veroordeel en het die voorval as skokkend beskryf. Sy doen ʼn beroep op alle mans wat druk in hul persoonlike verhoudings ervaar om berading en professionele hulp te kry eerder as om gewelddadig te raak.

Lees ook:
Sanger skiet drie, pleeg selfmoord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Rita ·

So het ons “helde” ook maar net voete van klei. Niemand het die reg om iemand anders se lewe te neem nie.

wienie ·

Ons moet onthou dat elke egskeiding twee stories het.Soms is die vrou moedswillig/afdreigend/nie samewerkend!Die pa wil net sy kind sien.(Waarvoor hy liewer as die lewe het)maar daar is altyd een of ander verskonings!Welsynwerkers/werksters nie onskuldig!Hul kies wie hul wil glo!En wie se kant vat die welsynwerker/werkster se kant.DAN KOM FRUSTRASIES!Zirk het dalk niemang gehad om mee te praat-daaroor het niks meer vir hom sin gemaak!

eGap ·

Hy was duidelik onstabiel en daarom die reeling om die kind onder toesig te kan sien. Hou op om die maatskaplike werker te veroordeel! Dit is nie eers hulle werk tydens so ‘n ontmoeting met die ouer en kind om tussenganger te wees nie en net ‘n guns; en hy moes vir sy lewe daarvoor boet! Daar is altyd iemand om mee te kan praat…as daar nie is nie,moet mens ook ‘n vraag hieroor kan vra.

amelia ·

ja welsynwerkers is vir baie probleme verantwoordelik Glo persoon wat die meeste lieg gewoonlik of die met die kry my jammer gesiggies welsynwerkers het al meer mense se lewens vernietig as wat baie mense besef (veral kinders sin)

Alan ·

En as ons gefrustreerd is dan maak ons sommer mense dood? Daar is geen ander manier om frustrasie te verwerk nie? Wat het van die mense in hierdie land geword, dat dit die uitweg is vir emosionele spanning en moeilikheid? As dit die manier is om met emosionele spanning te werk, hoe kan ons mense veroordeel wat uit armoede steel en moor??
Die maatskaplike werkers maak nie die besluite oor wie toesig het oor kinders nie, die hof maak die besluite. Betaal n prokureur en vat jou saak hof toe. In elk geval, as mens so emosioneel onstabiel is, dat jy sommer 3 mense doodskiet ondat jy nie jou sin kan kry nie, is daar dalk goeie rede hoekom jy nie toesig oor jou kind moet he nie.

susanna ·

Nie vir my om te oordeel, my mening alleen. Die voorkoms vertel n storie?

Wilma Murphy ·

Dis snaaks hoe ‘n mens se persepsie verander as jy die slagoffers ken, dan raak dit meer persoonlik. Zirk was saam met my op skool. Ek lees vandag hulle wou sy karavaan of camper van konfiskeer omdat hy nie onderhoud kon betaal nie. Hy het glo al sy geld gebruik op regskostes om sy kind te sien. As hulle die karavaan verkoop het, sou hy geen dak oor sy kop gehad het nie en dus nog minder kans gehad het om sy dogtertjie te sien. Dit was seker die strooi wat die kameel se rug gebreek het en ek dink dis in daardie absolute wanhoop dat hy net nie kon voortgaan nie. Ek praat nie goed wat hy gedoen het nie, maar ek het begrip wat hom daartoe gedryf het. My gebede is met die wat agterbly en vir volle herstel vir die moeder. Laat ons nie haastig wees om te oordeel nie, maar eerder leer om die tekens te sien en hulp te verleen en dit makliker te maak vir beide ouers om hulle kinders te sien grootword.

akram ·

Moet met jou saamstem. Jy het het dit redelik duideklik gestel. Dit kan iets kleins wees wat die finale druk gee en dan bars die damwal. Ek hoop ook op n spoedige herstel en baie sterkte aan die familie.

Anon ·

Stem saam met jou Susanna, die voorkoms se baie. Dis ook vir my snaaks dat daar so baie mense vir die man opkom en ook by se ons moenie oordeel nie. Maar wat van al die ander moorde wat hulle daardie persoon oordeel???? Hy was verkeerd, as die lewe gedruk het was/is daar baie ander maniere om n ding uit te sorteer. Ek vra my self af, hoekom het sy vrou geweier om hom toesig te gee? Daar is 2 kante van n saak, beslis is daar iets nie pluis nie, n ma sal ook nie toesig weier as daar n baie goeie rede is nie. Nee wat julle wat hom so goed ken sal beslis sy kant vat. Ek vat niemand se part nie, ek dink net hy het nou n kind/kinders beroof van albei ouers. En so van die os op die jas, die storie word nou al net so hol rug gery soos Mandela se dood……..

Hester ·

Ek ken glad nie vir Zirk Bergh nie. Het al sy musiek gehoor en hy het voorwaar talent gehad. Voorkoms se nie altyd alles nie. Hy kon nie n slegte mens gewees het as sy eks vrou so jonk was en steeds n verhouding en dan ook later n huwelik met hom aangegaan het nie. Enige verhouding het verskille en indien dit op n egskeiding uitloop probeer die een altyd die ander ruineer. Hoekom sy blyplek probeer wegvat terwyl sy aan beweeg het. Sy het mos vir haar n nuwe lewe geskep saam die dr en hul kinders. Of was dit juis die mikpunt om alleen toesig te verkry oor haar en Zirk se dogter.

Maxi ·

Anon, jy weet nie wat is ‘n psigopaat “vrou”nie, al wat ek gaan se is daai vrou kon dit verhoed het, hoop sy brand in die hel, haar agterbakse plannetjies het toe lelik skeef geloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.