Berugte Rolex-bende slaan weer toe

Die berugte Rolex-bende, wat jag maak op ryk sakemanne, het volgens berigte die naweek weer in Johannesburg toegeslaan.

Die eerste voorval het na bewering Saterdag in Atholl plaasgevind waar ʼn egpaar met gewere aangehou is. Die man is van sy Rolex-horlosie ter waarde van nagenoeg R50 000 en ʼn onbekende bedrag geld beroof. In ‘n tweede voorval isʼn man beroof kort nadat hy die Benmore Gardens winkelsentrum verlaat het. Die rowers het sy Rolex-horlosie gesteel en met ʼn grys motor op die vlug geslaan. Die Rolex-bende word volgens berigte met minstens sewe voorvalle in die Johannesburg area verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.