Beseer toe hy vir slang vlug

Argieffoto

‘n Werknemer is Maandagoggend ernstig beseer nadat hy van ‘n elektriese paal in Durban afgespring het om ‘n slang te vermy.

“Die man het glo teen ‘n leer opgeklim om instandhoudingswerk te doen,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Toe hy bo kom het hy op die slang afgekom en besluit om af te spring.” Die man het op die grond gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Hulle het hom stabiliseer en na die Durbanse Netcare-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.