Beseerde walvis spoel uit by Muizenberg

‘n Beseerde dwerg-potvis (ook bekend as ‘n spermwalvis) het Saterdag by Surfers Corner in Muizenberg uitgespoel.

Craig Lambinon, woordvoerder vir die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê die 2.5 meter lange walvis het snymerke aan sy maag gehad wat deur die herhaaldelike stamp teen die rotse veroorsaak is.

Die walvis is hierna deur die departement van omgewingsake en die dierebeskermingsvereniging (DBV) uitgesit. “Die karkas word na die departement van omgewingsake in Paarden Eiland geneem waar ‘n nadoodse ondersoek uitgevoer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.