
Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, tydens 'n optog in Johannesburg vir 'ekonomiese vryheid'. Foto: Werner Beukes/SAPA
Die Witness berig dat die eienaar van die grond, Rusty Roodt, Maandag ʼn aansoek voor die Pietermaritzburg hooggeregshof sal bring ten einde ʼn interdik te bekom om die mense te keer om sy grond te beset. Roodt sê die polisie het geweier om die grondbesetting te keer by Winterskloof. Een van die onwettige besetters het glo gesê dat hulle voortgaan waarmee Donderdag en Vrydag begin is tydens die jeugliga en sy ondersteuners se optog vir ‘ekonomiese vryheid’.