Besige naweek vir JHB-polisie

tronk 2Die Johannesburgse polisie het oor die naweek 72 mense vir verskeie misdade in die Johannesburgse middestad aangekeer.

Volgens ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het die polisie van Vrydag tot Maandag ʼn teen-misdaad-veldtog gehou. “Ses verdagtes is in hegtenis geneem vir roof, een vir moord, een vir die diefstal van ʼn voertuig, vyf vir huishoudelike geweld, drie vir die besit van dagga, drie vir bedrog en 16 vir winkeldiefstal,” het Mbele gesê.

Ander verdagtes is in hegtenis geneem vir misdade soos aanranding, opsetlike beskadiging van eiendom, intimidasie, die besit van vermoedelik gesteelde goedere, diefstal, gewapende roof en dronkbestuur.

Die meeste van die mense wat in hegtenis geneem is sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Hulle is in hegtenis geneem, wel gedaan vir die SAP. More is hul weer uit op borg en gaan weer hulle gewone, kriminele gang.

Geen wonder die mense in die polisie, wat werklik polisiemanne is begin kla nie. Hul stel hul lewens in gevaar om die kriminele agter tralies te kry, net sodat hulle weer more kan vry loop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.