‘n Plaaswerker wat aangekla word van die moord op Eugene Terre’Blanche beweer die voormalige AWB-leier het hom gesodomiseer.
Die bewering is Dinsdag in die rondgaande hof op Venterdsorp aan Terre’Blanche se weduwee, Martie, gestel. “Dit is totaal onaanvaarbaar. Eugene sou nooit so iets doen nie,” het sy reageer. Chris Mahlangu se regsverteenwoordiger, Kgomotso Tlouane, het Martie gevra of sy geweet het dat Mahlangu voor en op die dag van die moord gesodomiseer is. “As ek na sy integriteit en sy politieke oortuiging kyk is dit verregaande,” het sy gesê. Mahlangu en ‘n minderjarige word aangekla van die moord op Terre’Blanche in April 2010 op sy plaas buite Ventersdorp. Mahlangu beweer hy het uit selfverweer opgetree terwyl die minderjarige enige aandeel in die moord ontken. Die verhoor duur voort.