Beskuldigde beweer polisie-marteling

Gen.maj. Tirhani Maswanganyi

Gen.maj. Tirhani Maswanganyi

Een van die vier mans wat van die moord op gen.maj. Tirhani Maswanganyi aangekla word, voer aan die polisie het hom gemartel totdat hy erken het dat die vermoorde beampte se vrou by die misdaad betrokke was, het die Saturday Star berig.

“Hulle het ‘n pyp in ‘n emmer water aan my vasgemaak en my byna daarmee verdrink,” het Roger Moseki Vrydag aan die Pretoriase landdroshof gesê. “Hulle het my baie erg aangerand. Hulle het gesê dat ek moet erken dat ek bewus was daarvan dat Maswanganyi se vrou ons gehuur het om die generaal te vermoor, maar ek kon dit nie doen nie, omdat dit nie die waarheid was nie. Ek het vir hulle gesê ek weet nie eers wie sy is nie.”

Moseki, Tshepo Mosai, Daniel Nefolovhodwe en Isaac Vele word van moord aangekla nadat Maswanganyi se liggaam op 17 Junie in ‘n veld langs die R101 in Hammanskraal naby Pretoria opgespoor is. Sy hande en voete was vasgebind.

Moseki het in sy borgaansoek getuig. Die saak is tot 18 September uitgestel.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Roger Moseki ek glo jou, maar vir tel bietjie vir ons hoekom het julle hom vermoor, is dit n deal wat verkeerd geloop het?

Jasper ·

Hy soek net n weerligafleier. Vertel eerder wie het jou gehuur en watter rang beklee hy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.