Beskuldigde: ‘Ek is deur ET aangerand en verwurg’

Een van die beskuldigdes wat aangekla word van die moord op Eugene Terre’Blanche het die polisie genader om hulp voor die moord.

Die rondgaande hof in Ventersdorp het Woensdag gehoor dat Chris Mahlangu (28) deur die polisie weggewys is aangesien nie een van die polisiebeamptes Terre’Blanche wou konfronteer nie. Mahlangu se regsverteenwoordiger, Kgomotso Tlouane, sê Mahlangu het probleme gehad met Terre’Blanche voor die moord. Tlouane sê Mahlangu is na bewering deur Terre’Blanche aangerand en verwurg. Mahlangu wou die voorval glo by die Ventersdorp-polisiestasie aanmeld, maar sonder sukses. Mahlangu beweer hy het gehoor hoe die polisiebeamptes met mekaar gesels en vra wie Terre’Blanche sal konfronteer. Hy sê dit het geklink of hulle te bang was vir Terre’Blanche om hom te konfronteer. Mahlangu en ʼn minderjarig word aangekla van moord en roof met verswarende omstandighede. Mahlangu voer aan hy het uit selfverweer opgetree terwyl die minderjarige skuld ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.