Beskuldigde in hof wat glo baba uit vrou sny

‘n Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn swanger vrou se baba uit haar baarmoeder gesny het, het Dinsdag in die Randfontein landdroshof verskyn.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Appel Ernst, sê Loretta Cook (29) sal in aanhouding tot sy Vrydag om borgtog sal aansoek doen. Die liggaam van Valencia Berens (34) is glo op 6 Januarie in Cook se huis in Toekomsrus gevind. Berens het langs Cook gebly. Haar voete was vasgebind en haar maag was oopgesny. Volgens die polisie is Berens se babameisietjie uit haar baarmoeder verwyder. Berens het glo aan bloedverlies gesterf. Haar babadogtertjie het egter die aanval oorleef. Berens laat ook haar lewensmaat en vier ander dogters agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.