Beskuldigdes het glo gespog oor moord op ET

Die twee beskuldigdes in die Eugene Terre’Blanche-moorverhoor het glo gespog oor die moord op Terre’Blanche.

Twee getuies het Dinsdag in die rondgaande hof op Ventersdorp aangevoer dat beide die beskuldigdes erken het hulle het die moord gepleeg kort nadat dit op 3 April verlede jaar plaasgevind het. Albei die getuies is plaaswerkers op naburige plase. Enie Matshediso het getuig dat Chris Mahlangu en die minderjarige by haar huis opgedaag het en gesê het “ek is jou baas vandag…ek het Eugene Terre’Blanche doodgemaak”. Sy sê Mahlangu wou haar na die moordtoneel neem maar sy het geweier. Mahlangu het toe glo gevra om hulle foon te leen sodat hy die polisie kan skakel. Hulle het egter geweier en hom weggejaag. Nog ʼn plaaswerker, Richard Silane, het getuig dat Mahlangu en die minderjarige ook na sy huis gekom het en gesê het dat hulle Terre’Blanche doodgesteek het. Silane sê die minderjarige het die polisie van sy foon af geskakel.

Mahlangu en die minderjarige het albei onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisroof en poging tot diefstal met verswarende omstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.