Beslag gelê op kokaïen van R23 m.

cocaine1-320x222Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Sondag op 80kg kokaïen beslag gelê by die Beitbrug-grenspos in Limpopo.

“Die SAID kan bevestig dat sy doeane-span by die Beitbrug-grenspos Sondag op sy grootste besending kokaïen beslag gelê het terwyl dit in die land ingesmokkel is,” het Marika Muller, woordvoerder van die SAID, in ʼn verklaring gesê. Sy sê die kokaïen, met ʼn straatwaarde van R23 miljoen, is in ʼn vragmotor gevind wat die land van Zimbabwe af probeer binnekom het. Muller sê die vragmotor kom van Malawi af. Sy sê daar is ʼn 100 A4-grootte pakkies kokaïen in die vragmotor gevind. Die bestuurder van die vragmotor is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Dis omtrent baie dwelms. Hoop hulle vang almal wat dit smokkel en mense se lewens verwoes.

Tinkie ·

Dis goed so, die land het reeds te veel kriminele elemente. Mens kan net dankbaar wees die luis is in hegtenis geneem..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.