Besluit oor aanstootlike advertensiebord

Foto: Ntombi Mlangeni / Twitter

Foto: Ntombi Mlangeni / Twitter

Die Gupta-familie se nuwe televisienuuskanaal Africa News Network 7 (ANN7) het ingestem om ʼn reuse advertensiebord op die N1-snelweg naby die Grayston-afrit in Sandton te verwyder, het Beeld Woensdag berig.

Die Suid-Afrikaanse Forum vir Ouer Persone (SAOPF) het onlangs ʼn klagte by die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) en ʼn afsonderlike klagte by die Menseregtekommissie ingedien.

Die SAOPF voer aan die televisiekanaal se advertensiebord verneder mense en oortree die wet. Op die reuseadvertensiebord is ’n foto van ʼn bejaarde man met die woorde: “We aren’t old farts . . . nah, not even our presenters.”

Volgens die GRS het die forum versoek dat die bord verwyder moet word en dat ANN7 gestraf of beboet moet word. Die GRS het gesê hy dat hy nie gemagtig is om boetes aan enige adverteerder op te lê nie.

ANN7 het gesê die bord was deel van ’n advertensieveldtog wat gegrond was op die gebruik van speelse woorde en daar was geen bedoeling om enige persoon daardeur leed aan te doen nie.

Die huur van die bord is gekanselleer en die kunswerk daarop sal vervang word.

Die GRS het die onderneming aanvaar op voorwaarde dat die advertensie in sy huidige formaat verwyder word en nie in die toekoms weer gebruik word nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

biljam se donkie ·

Ek wonder wie “FART” nou,met die afhaal van die borde?

Rudi ·

As die Gupta’s dit besit, is dit in elk geval reine propaganda.

Wat my verbaas is dat ‘n mens blykbaar nie “old fart” mag sê nie, maar jy MAG ‘n spul kaal mense op ‘n reklamebord vir ‘n sogenaamde “sexpo” sit, en dit lewensgroot dwarsoor Lynnwoodweg tentoonstel! Dis mos nou deurmekaar!

Rudi ·

Ha ha ha! Klink reg… ek’s seker ons kan net redelike en eerlike nuusberigte van hulle nuwe TV stasie af verwag.

vuurvreter ·

Rudi daai is eerlike mense. Maar net as hulle slaap. Jy het ggen kans nie want hulle is die regering se halsbandjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.