Besluit oor e-tol stel Outa teleur

Die e-tolprojek in Gauteng

Die e-tolprojek in Gauteng

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) is teleurgesteld dat die regering besluit het om met e-tol voort te gaan.

“Die minister se aankondiging dat e-tol op 3 Desember sal begin, hou ernstige gevolge in vir ons land,” het Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, gesê.

Hy sê talle groepe verwerp die e-tolprojek, maar die regering het dié besware ignoreer. “Ons is bekommerd dat die uitvoerende arm van die regering nie die samelewing in sy vertroue geneem het nie, en die saad gesaai het vir iets wat altyd onthou sal word as ʼn baie duur mislukking.”

Dipuo Peters, minister van vervoer, het Woensdag aangekondig dat motoriste, wat nie e-tolskyfies aanskaf en tolgeld betaal nie, uiteindelik dubbel die bedrag sal moet opdok. Hulle sal nie voordeel trek uit die afslag nie.

Duvenage sê motoriste word nie gedwing om e-tolskyfies te koop nie. “Ons wil dit benadruk dat dit nie ʼn vereiste is om ʼn e-tolskyfie aan te skaf nie en mense moet doen wat hulle dink is reg om dié klug teen te staan. Dit is nie in die beste belang van die mense van Suid-Afrika nie.”

Volgens Duvenage sal Outa voortgaan om die e-tolbeleid teen te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter Potgieter ·

Hoekom betaal? Hulle kan my maar elke maand hof toe vat. Vir n paar rand sal die koste hulle meer kos as die tol. Hoe gaan hulle selfs net eenhonderd duisend sake n maand hanteer. Vra vir uitstel van saak om grondwetlikheid te toets en sien daar binne ses maande is hulle bonkrot. Haha ha haaa. Boykot somer ook belasting en sien hoe skrik die ANC.

Piet ·

Daar word genoem dat motoriste nou die hoofweë sal vermy en ‘agterstrate’ sal gebruik, wat ‘n groot las op woonbuurte sal hê. Die enige manier om die stelsel in duie te laat stort is om die tolpaaie nou meer te gebruik sodat Sanral meer rekeninge sal moet uitstuur. Laat ons ook die posdiens so toegooi onder pos, ook al gaan dit gemorspos wees, dat hulle (ook) vou. Dus verstik die posaflewering. Die possorteerders sal gou genoeg staak oor hulle nou teveel pos moet sorteer.

Daan ·

Geen registrasie vir my al gebruik ek nie daagliks die snelweë nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.