Besluit vir Groenpunt-stadion

Groenpunt-stadion

Kaapstadse stadsraad het ʼn voorstel goedgekeur om die Groenpunt-stadion te hersoneer vir ʼn kommersiële gebied.

Die stad het onlangs aangekondig dat hy verskeie opsies oorweeg om die R4.5 miljard-struktuur volhoubaar te maak. Instandhouding beloop sowat R44 miljoen per jaar, met baie min huurgeleenthede wat plaasvind weens die koste van die stadion. Voorstelle was om die stadion in ʼn kommersiële gebied te verander of vir laekoste-behuising te hersoneer.

Die provinsiale regering gaan nou versoek word om die sonering van die stadion, sy voorhof en Groenpunt-park, aan te pas.

Inwoners is egter teen die voorstel weens die moontlikheid van ʼn toename in geraas en aktiwiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.