Besoedelde water in Selati-rivier

Argieffoto

Argieffoto

Besoedelde water het in die Selati-rivier naby die Phalaborwa-ingang na die Kruger-wildtuin gespoel, het SANParke Maandag gesê.

“Swaar reën in Phalaborwa oor die naweek van 28 en 29 Desember het tot oorstromings by die slikdam gelei,” het Ike Phaahla, woordvoerder vir SANParke, in ʼn verklaring gesê. “Dit het tot gevolg gehad dat suurwater in die Selati-rivier gestroom het.”

Die Selati-rivier is ʼn belangrike takrivier van die Olifantsrivier en ʼn belangrike gedeelde rivierloop tussen Suid-Afrika en Mosambiek.

Die storting by die slikdam by die Bosveld-fosfaatmynbedryf word ondersoek. Ander betrokke riviere word gemonitor.

Die water binne die Kruger-wildtuin word nie hierdeur geraak nie. “SANParke het dadelik voorsorgmaatreëls getref om te verseker dat die toeristekampe steeds toegang het tot veilige water.”

Volgens Phaahla word boorgatwater nou gebruik vir kampe wat afhanklik is van water uit die Olifantsrivier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.