Besoedeling gevaarliker as padongelukke?

Luidens ‘n nuwe studie kan verkeersbesoedeling tot twee keer so dodelik wees as verkeersongelukke.

Freakonomics berig dat wetenskaplikes Steve Yim en Steven Barrett reken dat uitlaatgasse regoor die Verenigde Koninkryk vir naastenby 5 000 voortydige afsterwes verantwoordelik is. “Die paar bereken ook dat uitlaatgasse van vliegtuie ‘n verdere 2 000 afsterwes veroorsaak,” het Ronald Pease gesê. Van die beraamde 19 000 afsterwes jaarliks in die Verenigde Koninkryk is 7 000 weens besoedeling uit die res van die kontinent. Yim en Barrett sê dat voortydige afsterwes Engeland jaarliks miljarde dollar uit die sak jaag en stel voor dat koolstof- en waterstofoksied uitlatings verminder moet word en daar meer klem op openbare vervoer gelê moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.