Besope dief op heterdaad betrap

Alkohol en misdaad meng nie, het ‘n Russiese rower onlangs geleer.

Owerhede sê die vermeende dief, ‘n onbekende man van Tajikistan, was besig om ‘n huis naby Moskou te beroof toe hy op ‘n bottel vodka afgekom het. Ná ‘n paar slukke het hy op die bed aan die slaap geraak en dit is waar die eienaars hom betrap het.

Die man kan glo tot 10 jaar tronkstraf gevonnis word, berig Huffington Post.

Alkohol het ook ander misdadigers onlangs twee keer oor hul beroepskeuse laat dink. Twee besope diewe het in Juniemaand gepoog om sowat 30 kg se gevriesde vleis uit ‘n slaghuis in Skotland te steel, toe die stuk vleis op een van die diewe se tone geval het.

Drie dronkies in Australië het by Sea World ingebreek om ‘n pikkewyn te steel. Hulle het glo só vir die voël geskrik toe hulle wakker word dat hulle die pikkewyn net daar vrygelaat het. Die pikkewyn is uiteindelik gered.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.