Besopene vas na hy Arc de Triomphe se vlam probeer blus

Arc de Triomphe. Foto: Wikipedia Arc de Triompe.
Foto: Wikipediaʼn Besope man is in hegtenis geneem nadat
hy die vlam by die Arc de Triomphe in Parys, Frankryk probeer blus
het. Volgens die polisie het die man sy motor naby die bekende
landmerk parkeer en met ʼn brandblusser na die vlam gehaas. Die man
het glo aan die polisie gesê hy wou die “brand” blus. Die vlam
brand voor die graf van die Onbekende Soldaat. Die graf herdenk die
Franse wat gesterf het in die twee wêreldoorloë. Dit is nie die
eerste keer dat die vlam ‘aangeval’ word nie. In 2002 is ʼn
verstandelik versteurde soldaat in hegtenis geneem toe hy op die
vlam wou urineer. ʼn Ander man is in hegtenis geneem nadat hy eiers
op die vlam probeer gaarmaak het terwyl nog ʼn man brandwonde
opgedoen het nadat hy op die vlam gaan sit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Erich Goosen ·

Dalk moet hul die man aan ons uitlewer. Ek ken ‘n plekkie in die KZN Middellande met groot grasdakke waar hy lekker kan brand stig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.