‘Besopene’ vas na hy glo dokter-dokter wil speel

steʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo pasiënte by ʼn hospitaal in Mount Frere in die Oos-Kaap wou behandel.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, sê die man het Vrydagmiddag met ʼn stetoskoop by die Madzikane Ka Zulu-hospitaal ingestap en daarop aangedring om pasiënte te sien. Kupelo sê die hospitaalsusters het onraad vermoed en die polisie ontbied. “Volgens ons inligting was die man onder die invloed.” Kupelo sê die maatskappy wat verantwoordelik is vir veiligheid by die hospitaal sal moet rekenskap gee oor hoe die man toegang gekry het tot die hospitaal se sale.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justi ·

Sou die dronkaard wel daarin geslaag het om by die pasiente uit te kom, sou daar moontlik weer iemand verkrag geword het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.