ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo pasiënte by ʼn hospitaal in Mount Frere in die Oos-Kaap wou behandel.
Sizwe Kupelo, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, sê die man het Vrydagmiddag met ʼn stetoskoop by die Madzikane Ka Zulu-hospitaal ingestap en daarop aangedring om pasiënte te sien. Kupelo sê die hospitaalsusters het onraad vermoed en die polisie ontbied. “Volgens ons inligting was die man onder die invloed.” Kupelo sê die maatskappy wat verantwoordelik is vir veiligheid by die hospitaal sal moet rekenskap gee oor hoe die man toegang gekry het tot die hospitaal se sale.
Sou die dronkaard wel daarin geslaag het om by die pasiente uit te kom, sou daar moontlik weer iemand verkrag geword het.