Bestialiteit-beskuldigdes in hof

ʼn Vrou van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat sy seks met twee honde gehad het sal na verwagting Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Jana Smit (31) en haar medebeskuldigde en voormalige kêrel Morné Fourie staan tereg op vyf aanklagte van bestialiteit, die besit van kinderpornografie en seksuele uitlokking. Smit is in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem nadat die Dierebeskermingsvereniging (DBV) glo beeldmateriaal gesien het van hoe sy glo met ʼn boerboel en ʼn labrador seks het. Fourie is ʼn paar dae later in hegtenis geneem. Hy het glo foto’s geneem en beeldmateriaal vervaardig van die beweerde dade. Die labrador is na Smit se arrestasie weggeneem en vir aanneming aangebied. Die boerboel behoort glo aan Smit se bure.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marietjie ·

Sjoe dit is so absoluut siek!!! Wat gaan aan met ons mense?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.