Bestralingsvlakke 90-voudig hoër by kernkragaanleg

Die Fukushima Daiichi-kernkragaanleg in Tokyo

Tokyo Electric Power Co Inc het Dinsdag gesê vlakke van radioaktiewe-materiaal in grondwater het skerp gestyg by ʼn beskadigde kernkragaanleg in Japan.

ʼn Opname het getoon dat vlakke van sesium-134 in grondwater by ʼn waarnemingsput Maandag tot 9 000 becquerels per liter gestyg het, van 99 per liter Vrydag. Tokyo Electric het ook gesê die vlakke van sesium-137 het Maandag ook tot 18 000 becquerels gestyg, van 210 per liter Vrydag.

Die waarnemingsput is in Desember naby die turbinegebou van reaktor 2 in die kompleks, wat sowat 230km noordoos van Tokyo geleë is, opgerig.

“Die operateur het nog nie bevind dat grondwater by die put, wat sowat 27m van die Stille Oseaan af geleë is, in die see in gevloei het nie,” het Hisashi Otsuka, woordvoerder van Tokyo Electric, gesê.

Die aanleg het kerninsinkings beleef ná ʼn aardbewing en tsoenami in Maart 2011.

Outeur: Takehiko Kambayashi
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.