Bestuurder dood, passasier beseer na vragmotorongeluk

Foto: ER24

ʼn Vragmotorbestuurder is dood en sy passasier is ernstig beseer nadat die vragmotor waarin hulle gery omgeslaan het op die R385 tussen Kimberley en Postmasburg.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê meganiese toerusting is gebruik om toegang tot die vragmotor se perd te kry. Die bestuurder van die vragmotor is op die toneel dood. Die passasier het gekla van pyn aan sy nek en skouers en is op die toneel behandel voor hy in ʼn ernstige toestand na Postmasburg-hospitaal vervoer is. Dit is nog nie duidelik hoekom die bestuurder van die vragmotor beheer verloor het nie en die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.