Bestuurder sterf ná val by Sandton Convention Centre

Foto: Netcare 911

Die man wat Woensdagoggend uit die Sandton Convention Centre in Johannesburg geval het, het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Michael Ndlovu (39), ʼn veiligheidsbestuurder by die sentrum, het glo, tydens ʼn roetine-ondersoek van die perseel, gegly en geval. Mati Nyazema, die veiligheidsmaatskappy se uitvoerende hoof, het gesê sy se naasbestaandes is van sy dood in kennis gestel.

 

Kaptein Kim Cloete, woordvoerder van die polisie, het gesê Ndlovu het sowat 10 meter ver geval en is met ʼn helikopter na die Milpark-hospitaal geneem.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Maroela Media het vroeër berig die man is in ʼn kritieke toestand met ʼn helikopter na die Milpark-hospitaal geneem. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.