Bestuurinstrukteur tronk toe ná twee leerders sterf

ʼn Voormalige bestuurskoolinstrukteur is Donderdag deur die Pretoria-Noord hooggeregshof tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy in 2006 die dood van twee studente veroorsaak het.

Frans Molekwa (39) het op sy selfoon gepraat en deur verkeer gevleg onderweg na die Hammanskraal-toetsstasie met vyf studente in die voertuig, berig Beeld.

Hy het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan. Quentin Markus Boshoff en Thato Moloto is in die ongeluk oorlede. Molekwa en die drie ander passasiers is ernstig beseer.

Molekwa het vroeër skuldig gepleit op ʼn aanklag van strafbare manslag. Landdros Ben van Schalkwyk het Donderdag sy lisensie vir vyf jaar opgeskort en hom tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.