Bestuurskoolhoof het glo vervalsde lisensies

Argieffoto

‘n Man is Sondag in Braamfontein in hegtenis geneem nadat hy met vervalsde bestuurderslisensies betrap is.

“Die 29-jarige man het drie bestuurderslisensies met drie identiteitsnommers by hom gehad,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Hy het ook dosyne identiteitsfoto’s en identiteitsboekies van talle mense by hom gehad. Dit lyk of hy bestuurderslisensies in sy kattebak vervaardig en dit dan verkoop.”

Die man besit glo ‘n bestuurskool en sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.